Kuswag Skoolklere is te koop by THE TAILOR in Toti Mall, Beachweg, Amanzimtoti of Jel Clothing in die ou CBD van Amanzimtoti.

Kuswag Skool se Junior Primêre leerders(gr. 1-3) dra ‘teal’-kleurige hempies.Dogters dra skorte en seuns broeke daarby. In die winter dra hulle sweetpakke. In die somer dra hulle bruin sandale en in die winter wit tekkies. Dit is ook die sportdrag vir hierdie grade.

IMG_6415-001

Kuswag Skool se Laerskoolleerders dra wit kraaghemde met die skoolwapen op die sak. Dogters dra bruin rompe, wit sokkies en bruin skoene. Seuns dra bruin kortbroeke, bruin kouse en bruin skoene. In die winter dra hulle ‘teal’ skoolbaadjies daarby.

Sien Kuswag se GEDRAGSKODE vir die volledige uiteensetting van skooldrag vir die hoërskool asook ander reëls rakende hare en civvie dae.