Kom maak gerus ‘n draai by die Tweedehandse Klerebank tussen 9:00 en 11:00 daagliks. Mev. Belinda Johnson sal jou bystaan. Daar is ‘n verskeidenheid van items om van te kies teen baie billike pryse. Bring asb ook jou bruikbare Kuswag klere en sportklere asook skoene en sporttoerusting wat net in jou kas lê hierheen. Jy weet nooit of iemand anders dit dalk kan gebruik nie!