IMG_4700

JP SWEMGALA WENNERS

Kuswag Skool het op Dinsdag 6 Maart hul jaarlikse Interlaer swemgala gehou. Die Junior Primêre wenners in hul onderskeie ouderdomsgroepe was: o/7 dogter Corné Anderson, o/7 seun Ewan Grobler, o/8 dogter Leané Potgieter, o/8 seun Demar van Tonder, o/9 dogter Karmie Labuschagne en o/9 seun M.D. van Tonder. Karmie Labuschagne is aangewys as Junior Victrix Ludorum en Demar van Tonder as Victor Ludorum.