IMG_3231

Akademiese leier van 2017 kry 7 A’s!

Marizel het 7 onderskeidings gekry! Ons is baie trots op haar!
Baie geluk aan Marizel Hendriks met haar toekenning as Akademiese leier van 2017 met die hoogste gemiddelde persentasie. Sy het ook 7 vaktrofees gekry en deel ook die trofees vir Voortreflikste dogter en Veelsydigste dogter met Wilmie Erasmus. Sy deel ook die personeel se trofee vir Dienslewering.