Get Adobe Flash player

HETTIE BRITTZ IMMERGROEN OUERSKAP

Hettie Brittz, bekende skryfster van opvoedkundige boeke, motiveringspreker en vrou van Louis Brittz die gospelsanger, besoek Kuswag Skool op 18 Mei 2012 om 8:30 tot 10:30. Sy gesels oor die kweek van kinders met karakter en gesonde gesag. Haar fantastiese boeke en ander opvoedkundige materiaal soos sterretjiekaarte, yskasmagnete, ens is ook te koop. Moet dit nie misloop nie!!! Kaartjies is @R50pp by die Kuswag Skool kantoor/by die deur beskikbaar.

TOP 10 LEERDERS - GRAAD 8 EN 9 - EERSTE KWARTAAL

 

TOP 10 – EERSTE KWARTAAL

GRAAD 8 2012

VAN

NAAM

PERSENTASIE

BENADER %

POSISIE

POTGIETER

HERMAN

SUIDKUS RUGBYSPAN

12 van Kuswag Skool se 0/12 en 0/13 seuns is gekies vir die Suidkusspan wat deurgaan na die KZN proewe wat op 24-26 Mei in PMB plaasvind.

Baie geluk aan:
0/12: Dean Schrader, Bernardo Groenewald, Nolan Dyer, Josh Forsyth, Kyle Forsyth, Deon Slabbert, Ronan van Heerden en Ruan Venter.

0/13: Tristan Ceronio, Dillon Taljaard, Jaryd Lombard, Dewald van der Merwe. Ivan Smith het ongelukkig sy arm gebreek en kannie voortgaan nie.

Baie geluk en sterkte seuns!!

LS NETBALUITSLAE VS ATHLONE PARK

Die laerskool netbal het Donderdag 19/4 teen Athlone Park gespeel. Die uitslae is soos volg


0/9A wen 5-1


0/10A wen 8-2


0/11A wen 9-4


0/12A wen 9-3


0/13A wen 9-4


Baie geluk dogters!!

JUKSKEI KLUB BY KUSWAG

Wilma Badenhorst:

 

H/S VELDHOKKIE BEPALINGS 2012 DOGTERS

 

NUWE BEHEERLIGGAAM

Baie geluk aan die ouers wat verkies is tot die Beheerliggaam. Hulle is Me. Mieke Boers en Mnre. Hannes van Heerden, Waldo Smit, Eduan Naude, Andre van Heerden, Ters du Toit en Francois Neethling. Baie dankie aan die ouers wat by die verkiesing teenwoordig was! U insette word op reg waardeer.

MIDDELEEUSE FEES

U word hartlik uitgenooi na 'n Middeleeuse Fees op Vrydag 4 Mei om 18:30 vir 19:00 @ R100 pp wat 'n koninklike driegang maal insluit. Adelikes, middelklas en ja, tot plaaswerkers is welkom. Daar gaan pryse wees vir die bes geklede paartjie, beste dansers en ook beste name. 

'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. U mag u eie wyn bring teen 'n R10 boete. Fondse ten bate van die nasorg.

LAERSKOOL KLEREBANK

Die Laerskool klerebank is dringend op soek na voorraad. Indien u enige laerskoolklere in u huis het wat nie meer gebruik word nie, sal ons dit hoog op prys stel indien u dit vir ons skooltoe sal bring. Daar is altyd iemand anders wat dit kan gebruik veral noudat die winter ons bekruip.

SOUTH AFRICAN INDOOR NETBALL FEDERATION

Elizabeth Richter is gekies as speler vir die Suid Afrikaanse Aksie Netbal Span wat in die Wêreldbekerreeks 2012 in Australië gaan deelneem vanaf die 6de tot 17de Junie 2012 teen Australië, Engeland en New Zealand.

Baie geluk!! Ons is baie trots op jou!!!

Pages

Primêreskool Nuus

Laerskool Akademies

Primêreskool Akademies

Laerskool Kultuur

Primêreskool Kultuur

Primêreskool Sport